Michael Bolton

Michael Bolton
Michael Bolton in 2010
Agtergrondinligting
GeboortenaamMichael Bolotin
Gebore26 Februarie 1953 (1953-02-26) (71 jaar oud)
New Haven, Connecticut, Verenigde State.
Genres
Beroep(e)
  • sanger-liedskrywer
  • musikant
Instrumente
  • Stem
  • ghitaar
  • klavier
Jare aktief1975–teenswoordig
Etikette
  • RCA
  • Columbia
  • Jive
  • Concord
  • Universal Motown
Assosiasies
  • Blackjack
  • the Lonely Island
  • Sohyang
Webwerfmichaelbolton.com

Michael Bolotin[4] (gebore op 26 Februarie 1953), professioneel bekend as Michael Bolton, is 'n Amerikaanse sanger-liedjieskrywer. Bolton het van die middel 1970's tot die middel 1980's hard rock- en heavy metal musiek gespeel gedurende sy vroeë solo loopbaan en as hoofsanger van die groep Blackjack. Hy was ook 'n suksesvolle liedjieskrywer, en was die medeskrywer van treffers soos "How Am I Supposed to Live Without You" vir Laura Branigan, wat hy later self opgeneem het.

Bolton het veral erkenning geniet as 'n pop ballad-sanger (sentimentele pop) in die laat 1980's en vroeë 1990's, met noemenswaardige samewerkings met liedskrywers soos Diane Warren en Desmond Child. Gedurende dié tydperk het hy "cover versions" gesing van liedjies soos Otis Redding se "(Sittin' On) The Dock of the Bay" en Percy Sledge se "When a Man Loves a Woman". Ten spyte van sy kommersiële sukses in die volwasse kontemporêre genre, is hy gekritiseer omdat hy nie genoeg van sy eie musiek gesing het nie. In 2000 was hy betrokke by 'n kontroversiële regsaak met die Isley Brothers oor plagiaat, wat gelei het tot 'n aansienlike geldelike skikking.[5][6]

In latere jare het hy verskeie ander media aangedurf, insluitend televisie en film, en dikwels as homself verskyn. Bolton het ook aan Dancing with the Stars deelgeneem en die dokumentêre prent American Dream: Detroit vervaardig. Sy persoonlike lewe sluit 'n langtermynverhouding en gebroke verlowing met die aktrise Nicollette Sheridan en 'n 15-jaar-lange huwelik met Maureen McGuire, met wie hy drie dogters het, in. Bolton is ook bekend vir sy filantropie, veral deur The Michael Bolton Charities, hoewel hy kritiek ontvang het oor die manier waarop fondse wat deur die organisasie ingesamel word toegewys word. As erkenning vir sy bydraes tot musiek en liefdadigheid, het hy ondermeer 'n ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang.

Bolton het meer as 75 miljoen albums verkoop, agt top 10 albums opgeneem en twee nommer-een enkelsnitte op die Billboard trefferlyste gehad. Hy het ook ses American Music Awards en twee Grammy Awards gewen.[7] Hy het opgetree met kunstenaars soos Lucia Aliberti, Patti LaBelle, José Carreras, Tony Cetinski, Ray Charles, Celine Dion, Plácido Domingo, Renée Fleming, Wynonna Judd, B.B. King, The Lonely Island, Luciano Pavarotti, Percy Sledge en Zucchero.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 Ruhlmann, William. "Michael Bolton – Artist Biography". AllMusic.
  2. Carbone, Nick (9 Mei 2011). "Michael Bolton Hijacks The Lonely Island's Song on 'SNL'". Time]].
  3. Mitchell, Justin (16 Oktober 1990). "Michael Bolton Wins Acclaim With Blue-Eyed-Soul Sound". Deseret News.
  4. Ruhlmann, William. "Michael Bolotin". AllMusic.
  5. Ross, Deborah (10 Mei 2013). "Top of the crops: Michael Bolton on critics, crooning and why the mullet had to go". The Independent. Besoek op 2 April 2024. He has achieved much, for sure, but never critical acclaim.
  6. Sisario, Ben (27 April 2023). "Stolen or Original? Hear Songs From 7 Landmark Copyright Cases". The New York Times. Besoek op 2 April 2024. The jury found that Bolton and a co-author had infringed the older song, and set a damages award of $5.4 million, which was upheld on appeal. Many music experts doubted that there was any significant musical similarity between the two songs, and still point to Three Boys as a key case where a jury got it wrong.
  7. Ferguson, Jon (21 Februarie 2013). "Michael Bolton may not be hip, but he's happening". Lancaster Newspapers.

Eksterne skakels