Olimpiese Somerspele 2008
Spele van die XXIXe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第二十九届夏季奥林匹克运动会; pinyin: Dì Èrshíjiǔ Jiè Xiàjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die Spele van die XXIXste Olimpiade, is tussen 8 en 24 Augustus 2008 in Beijing, China, aangebied. Tydens die geleentheid het 10 942 atlete uit 204 nasies aan 302 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem.
Dit was naas die Spele van 1964 in Tokio en die Spele van 1988 in Seoel die derde Olimpiese Somerspele wat in Asië beslis is. Tokio sal later nog die Spele van 2020 aanbied en Beijing die Winterspele van 2022. Naas Beijing was Istanboel, Osaka, Parys en Toronto kandidate vir die organisasie van die 2008-Somerspele gewees.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Nasionale Stadion van Beijing, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Volksrepubliek China die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Natalie du Toit, swemmer en gouemedaljewenner tydens die Paralimpiese Somerspele 2004, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[4]
Die Paralimpiese Somerspele 2008 is tussen 6 en 17 September in Beijing gehou.
Toewysing
Beijing is op 13 Julie 2001 in Moskou deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlik Istanboel (Turkye), Osaka (Japan), Parys (Frankryk) en Toronto (Kanada) gekies. Stede soos Bangkok, Havana, Kaïro, Kuala Lumpur en Sevilla was ook voorgestel, maar het nie die kortlys gemaak nie.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008[5] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | |||
Beijing | Volksrepubliek China | 44 | 56 | |||
Toronto | Kanada | 20 | 22 | |||
Parys | Frankryk | 15 | 18 | |||
Istanboel | Turkye | 17 | 9 | |||
Osaka | Japan | 6 | — |
Omstredenheid
Die toekenning van die Spele aan die Volksrepubliek China was in sommige kringe omstrede weens die land se ondemokratiese regering en swak menseregterekord. Amnestie Internasionaal het in April 2007 gemeld dat die situasie met die aanloop na die Spele vir terdoodveroordeeldes en buitelandse joernaliste verbeter het, terwyl die onderdrukking van plaaslike joernaliste en politieke aktiviste besig was om toe te neem. Die getal mense onder huisarres en inhegtenisnames sonder regsproses het volgens Amnestie Internasionaal ook toegeneem.[6]
Uit 'n ondersoek van Play Fair 2008,[7] 'n organisasie van vakbonde en aksiegroepe, blyk dit dat daar ook probleme was met die vervaardiging van goedere soos pette, tasse en penne wat vir die geleentheid gemaak word. Kinderarbeid word op groot skaal in Chinese fabrieke aangewend en mense word nie die helfte van die minimumloon betaal nie. Die Organisasiekomitee van die Spele het aangekondig dat hierdie bedrywighede ondersoek sal word.[8]
Van die atlete was besorg dat die lugbesoedeling wat oor die stad hang hulle prestasies nadelig kon beïnvloed. Die Beijing munisipale regering het ingestem om die besoedelingsprobleem aan te spreek en verskeie fabrieke in die omgewing is gesluit.
Seremonies
Die opening- en afsluitingseremonie is in die nuwe Nasionale Stadion van Beijing gehou, waar byna 100 000 toeskouers geakkommodeer kan word. Die stadion vertoon uiterlik soos 'n voëlnes en word in die volksmond dan ook as sodanig aangedui. Die stadion is deur die argitekfirma Herzog & de Meuron ontwerp.
Die aflos met die Olimpiese fakkel is vanaf Athene, deur die Himalaja, na Beijing geneem. Die fakkel is ook deur 'n groep van 80 spesiaal opgeleide bergklimmers na die spits van Berg Everest gedra. Die voormalige Chinese gimnas, Li Ning, het die eer te beurt geval om die Olimpiese vlam aan te steek.
Die Olimpiese vlam is op 24 Augustus 2008 uitgedoof tydens die afsluitingseremonie. Guo Jinlong, die burgemeester van Beijing, het die Olimpiese vlag aan die burgemeester van Londen, Boris Johnson oorhandig, waar die 2012-spele aangebied gaan word.
Sporte
28 Olimpiese sportsoorte in 302 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 301 goue medaljes oorhandig.
- Atletiek (47)
- Basketbal (2)
- Bofbal (1)
- Boks (11)
- Boogskiet (4)
- Driekamp (2)
- Fietsry
- Baan (10)
- Bergfietsry (2)
- BMX (2)
- Pad (4)
- Gewigoptel (15)
- Gimnastiek
- Artistiek (14)
- Ritmies (2)
- Trampolien (2)
- Handbal (2)
- Judo (14)
- Kanovaart
- Slalom (12)
- Snel (4)
- Moderne vyfkamp (2)
- Pluimbal (5)
- Roei (14)
- Ruitersport
- Dressuur (2)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
- Sagtebal (1)
- Seilvaart (11)
- Skermsport (10)
- Skyfskiet (15)
- Sokker (2)
- Stoei
- Grieks-Romeins (7)
- Vrystyl (11)
- Taekwondo (8)
- Tafeltennis (4)
- Tennis (4)
- Veldhokkie (2)
- Vlugbal
- Vlugbal (2)
- Strandvlugbal (2)
- Watersport
- Gesinchroniseerde swem (2)
- Sierduik (8)
- Swem (34)
- Waterpolo (2)
Stadions
31 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2008 gebruik:
Olimpiese Groen
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Beijing Nasionale Swembad | Swem, Sierduik en Gesinchroniseerde swem | 17 000 |
Beijing Nasionale Binnenshuise stadion | Gimnastiek (artistiek, trampolien), Handbal (eindstryd) | 19 000 |
Beijing Nasionale Stadion | seremonies (opening/sluiting), Atletiek, Sokker (eindstryd) | 91 000 |
Olimpiese Groen Tennissentrum | Tennis | 32 400 |
Olimpiese Groen Boogskietveld | Boogskiet | 5 000 |
Olimpiese Groen Vergaderingsentrum | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport) | 5 695 |
Olimpiese Groen Hokkieveld | Veldhokkie | 17 000 |
Universiteitsgimnasiums
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Beijing Wetenskap en Tegnologie Universiteitsgimnasium | Judo, Taekwondo | 8 024 |
Beijing Universiteit van Tegnologie Gimnasium | Pluimbal, Gimnastiek (ritmies) | 7 500 |
China Landbou-universiteit Gimnasium | Stoei | 8 000 |
Beijing Universiteitsgimnasium | Tafeltennis | 8 000 |
Beihang Universiteitsgimnasium | Gewigoptel | 5 400 |
Beijing Instituut vir Tegnologie Gimnasium | Vlugbal | 5 000 |
Nuwe wedstrydplekke
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Beijing Nasionale Akwatiese Sentrum | Swem, Sierduik en Gesinchroniseerde swem | 17 000 |
Beijing Nasionale Binnenshuise stadion | Gimnastiek (artisties, trampolien), Handbal (eindstryd) | 19 000 |
Beijing Nasionale Stadion | Atletiek, Sokker (eindstryd) | 91 000 |
Beijing Wetenskap en Tegnologie Universiteitsgimnasium | Judo, Taekwondo | 8 024 |
Beijing Skietbaansaal | Skyfskiet (pistool, geweer) | 9 000 |
Beijing Universiteit van Tegnologie Gimnasium | Pluimbal, Gimnastiek (ritmies) | 7 500 |
China Landbou Universiteitsgimnasium | Stoei | 8 000 |
Laoshan Velodrome | Fietsry (baan) | 6 000 |
Olimpiese Groen Tennissentrum | Tennis | 17 400 |
Beijing Universiteitsgimnasium | Tafeltennis | 8 000 |
Shunyi Olimpiese Roei-Kanovaart Park | Roei, Kanovaart en Swem (maraton) | 37 000 |
Wukesong Binnenshuise stadion | Basketbal | 18 000 |
Bestaande wedstrydplekke
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Beihang Universiteitsgimnasium | Gewigoptel | 5 400 |
Beijing Instituut vir Tegnologie Gimnasium | Vlugbal | 5 000 |
Beijing Skietbaan Kleiteikengebied | Skyfskiet (haelgeweer) | 5 000 |
Hoofstadse Binnenshuise stadion | Vlugbaö (eindstryd) | 18 000 |
Fengtai Sagtebalveld | Sagtebal | 13 000 |
Laoshan Bergfietsbaan | Fietsry (bergfiets) | 2 000 |
Olimpiese Sportsentrum | Sokker, Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) | 36 228 |
Olimpiese Sportsentrum Gimnasium | Handbal | 7 000 |
Werkers Binnenshuise Arena | Boks | 13 000 |
Werkersstadion | Sokker | 70 161 |
Ying Tung natatorium | Waterpolo, Moderne vyfkamp (swem) | 4 852 |
Tydelike wedstrydplekke
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Strandvlugbalgrond | Vlugbal (strand) | 12 000 |
BMX-veld | Fietsry (BMX) | 4 000 |
Olimpiese Groen Boogskietbaan | Boogskiet | 5 000 |
Olimpiese Groen Vergaderingsentrum | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport) | 5 695 |
Olimpiese Groen Hokkieveld | Veldhokkie | 17 000 |
Driekampplek | Driekamp | 10 000 |
Stedelike Fietsrypadkursus | Fietsry (padwedloop) | Nie gelys nie |
Wukesong Bofbalveld | Bofbal | 18 000 |
Buite Beijing
Stadion | Ligging | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Hongkong Perdryplekke | Hongkong | Ruitersport | 18 000 |
Qingdao Internasionale Seiljagwedvaartsentrum | Qingdao | Seilvaart | Nie gelys nie |
Qinhuangdao Olimpiese Sportsentrumstadion | Qinhuangdao | Sokker | 33 572 |
Sjanghaistadion | Sjanghai | Sokker | 80 000 |
Shenyang Olimpiese Sportsentrumstadion | Shenyang | Sokker | 60 000 |
Tianjin Olimpiese Sportsentrumstadion | Tianjin | Sokker | 60 000 |
Kalender
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.[9]
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | UG | Uitstallingsgala | SS | Sluitingseremonie |
Augustus 2008 | 6 Wo |
7 Do |
8 Vr |
9 Sa |
10 So |
11 Ma |
12 Di |
13 Wo |
14 Do |
15 Vr |
16 Sa |
17 So |
18 Ma |
19 Di |
20 Wo |
21 Do |
22 Vr |
23 Sa |
24 So |
Items |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | ||||||||||||||||||
Atletiek | 2 | 4 | 6 | 6 | 5 | 3 | 6 | 7 | 7 | 1 | 47 | |||||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||
Bofbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 4 | 6 | 11 | ||||
Boogskiet | ● | 1 | 1 | ● | ● | 1 | 1 | 4 | ||||||||||||
Driekamp | 1 | 1 | 2 | |||||||||||||||||
Fietsry | 1 | 1 | 2 | 1 | 3 | 1 | 2 | 3 | ● | 2 | 2 | 18 | ||||||||
Gesinchroniseerde swem | ● | ● | 1 | ● | 1 | 2 | ||||||||||||||
Gewigoptel | 1 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 15 | |||||||||
Gimnastiek | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 4 | 4 | 4 | UG | ● | ● | 1 | 1 | 18 | ||||
Handbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||
Judo | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 14 | ||||||||||||
Kanovaart | ● | 2 | ● | ● | 2 | ● | ● | ● | ● | 6 | 6 | 16 | ||||||||
Moderne vyfkamp | 1 | 1 | 2 | |||||||||||||||||
Pluimbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 2 | 2 | 5 | ||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 7 | 7 | 14 | |||||||||||
Ruitersport | ● | ● | ● | 2 | ● | 1 | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 6 | |||||||
Sagtebal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 3 | 2 | 2 | 2 | 2 | 11 | |||||||
Sierduik | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 8 | ||||||
Skermsport | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 10 | ||||||||||
Skyfskiet | 2 | 2 | 2 | 2 | 1 | 2 | 1 | 2 | 1 | 15 | ||||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 1 | 2 | ||||||
Stoei | 2 | 2 | 3 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 18 | |||||||||||
Swem | ● | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 1 | 1 | 34 | ||||||||
Taekwondo | 2 | 2 | 2 | 2 | 8 | |||||||||||||||
Tafeltennis | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ● | ● | ● | 1 | 1 | 4 | ||||||||
Tennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 3 | 4 | |||||||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 4 | |||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 1 | 2 | |||||
Totaal | 0 | 0 | 0 | 7 | 14 | 13 | 19 | 17 | 15 | 18 | 27 | 37 | 18 | 20 | 11 | 21 | 21 | 32 | 12 | 302 |
Kumulatief | 0 | 0 | 0 | 7 | 21 | 34 | 53 | 70 | 85 | 103 | 130 | 167 | 185 | 205 | 216 | 237 | 258 | 290 | 302 | |
Augustus 2008 | 6 Wo |
7 Do |
8 Vr |
9 Sa |
10 So |
11 Ma |
12 Di |
13 Wo |
14 Do |
15 Vr |
16 Sa |
17 So |
18 Ma |
19 Di |
20 Wo |
21 Do |
22 Vr |
23 Sa |
24 So |
Items |
Deelnemende nasies
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Afghanistan (4)
- Albanië (11)
- Algerië (62)
- Amerikaanse Maagde-eilande (5)
- Amerikaans-Samoa (4)
- Andorra (5)
- Angola (32)
- Antigua en Barbuda (5)
- Argentinië (137)
- Armenië (25)
- Aruba (2)
- Australië (433)
- Azerbeidjan (44)
- Bahamas (25)
- Bahrein (15)
- Bangladesj (5)
- Barbados (6)
- België (96)
- Belize (3)
- Benin (5)
- Bermuda (6)
- Bhoetan (2)
- Bolivië (7)
- Bosnië en Herzegowina (5)
- Botswana (12)
- Brasilië (277)
- Britse Maagde-eilande (2)
- Bulgarye (72)
- Burkina Faso (6)
- Burundi (3)
- Chili (27)
- Colombia (64)
- Comore-eilande (3)
- Cookeilande (4)
- Costa Rica (8)
- Denemarke (84)
- Djiboeti (2)
- Dominica (2)
- Dominikaanse Republiek (25)
- Duitsland (463)
- Ecuador (25)
- Egipte (103)
- Ekwatoriaal-Guinee (3)
- El Salvador (11)
- Eritrea (9)
- Estland (47)
- Ethiopië (22)
- Fidji (6)
- Filippyne (15)
- Finland (58)
- Frankryk (323)
- Gaboen (4)
- Gambië (3)
- Georgië (35)
- Ghana (9)
- Grenada (9)
- Griekeland (156)
- Guam (5)
- Guatemala (12)
- Guinee (5)
- Guinee-Bissau (3)
- Guyana (5)
- Haïti (7)
- Honduras (25)
- Hongarye (171)
- Hongkong (34)
- Ierland (54)
- Indië (57)
- Indonesië (24)
- Irak (4)
- Iran (55)
- Israel (43)
- Italië (344)
- Ivoorkus (20)
- Jamaika (50)
- Japan (351)
- Jemen (5)
- Jordanië (7)
- Kaaimanseilande (4)
- Kaap Verde (2)
- Kambodja (4)
- Kameroen (33)
- Kanada (332)
- Kasakstan (132)
- Katar (22)
- Kenia (56)
- Kirgisië (21)
- Kiribati (2)
- Koeweit (6)
- Demokratiese Republiek die Kongo (5)
- Kongo (5)
- Kroasië (105)
- Kuba (149)
- Laos (4)
- Lesotho (4)
- Letland (50)
- Libanon (5)
- Liberië (3)
- Libië (7)
- Liechtenstein (2)
- Litaue (71)
- Luxemburg (12)
- Madagaskar (4)
- Malawi (4)
- Maledive (4)
- Maleisië (33)
- Mali (17)
- Malta (6)
- Marokko (57)
- Marshalleilande (5)
- Masedonië (7)
- Mauritanië (2)
- Mauritius (12)
- Meksiko (85)
- Mianmar (6)
- Gefedereerde State van Mikronesië (5)
- Moldowa (31)
- Monaco (5)
- Mongolië (29)
- Montenegro (31)
- Mosambiek (5)
- Namibië (9)
- Nauru (1)
- Nederland (245)
- Nederlands-Antille (3)
- Nepal (8)
- Nicaragua (6)
- Nieu-Seeland (182)
- Niger (5)
- Nigerië (33)
- Noord-Korea (63)
- Noorweë (85)
- Oekraïne (254)
- Oesbekistan (58)
- Oman (5)
- Oostenryk (70)
- Oos-Timor (2)
- Pakistan (21)
- Palau (5)
- Palestynse Owerheid (4)
- Panama (3)
- Papoea-Nieu-Guinee (7)
- Paraguay (5)
- Peru (12)
- Pole (268)
- Portugal (77)
- Puerto Rico (22)
- Roemenië (102)
- Rusland (467)
- Rwanda (4)
- Salomonseilande (3)
- Samoa (6)
- San Marino (4)
- Saoedi-Arabië (16)
- São Tomé en Príncipe (3)
- Senegal (12)
- Sentraal-Afrikaanse Republiek (3)
- Serwië (92)
- Seychelle (8)
- Sierra Leone (3)
- Singapoer (25)
- Siprus (17)
- Sirië (8)
- Republiek China (80)
- Slowakye (57)
- Slowenië (62)
- Soedan (9)
- Somalië (2)
- Spanje (286)
- Sri Lanka (8)
- St. Kitts en Nevis (4)
- St. Lucia (6)
- St. Vincent en die Grenadine (2)
- Suid-Afrika (136)
- Suid-Korea (267)
- Suriname (4)
- Swaziland (4)
- Swede (134)
- Switserland (84)
- Tadjikistan (13)
- Tanzanië (10)
- Thailand (51)
- Togo (4)
- Tonga (3)
- Trinidad en Tobago (30)
- Tsjad (2)
- Tsjeggië (134)
- Tunisië (32)
- Turkmenistan (10)
- Turkye (68)
- Tuvalu (3)
- Uganda (15)
- Uruguay (12)
- Vanuatu (3)
- Venezuela (109)
- Verenigde Arabiese Emirate (8)
- Verenigde Koninkryk (311)
- Verenigde State (596)
- Viëtnam (21)
- Volksrepubliek China (639)
- Belarus (181)
- Ysland (28)
- Zambië (8)
- Zimbabwe (13)
Suid-Afrikaanse deelname
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Die Suid-Afrikaanse swemmer Natalie du Toit, die wenner van vyf goue medaljes by die Paralimpiese Somerspele 2004, het gekwalifiseer om aan die Spele deel te neem. Daarby word sy die eerste geamputeerde atleet wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer sedert Olivér Halassy in 1936.[10][11]
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is eers deur die Internasionale Atletiekfederasie verbied om aan die Olimpiese Spele deel te neem nadat 'n Duitse universiteit bevind het dat sy bioniese kunsbene hom 'n voordeel bo gewone atlete gee.[12] Die verbod is later opgehef, maar hy kon nie vir deelname kwalifiseer nie.
Suid-Afrika kon slegs 'n enkele silwer medalje tydens die Spele inpalm (Godfrey Khotso Mokoena vir verspring).
Hoogtepunte
- Michael Phelps van die Verenigde State het agt goue medaljes tydens die Spele ingepalm, 'n wêreldrekord wat hom 'n totaal van 14 goue medaljes oor sy loopbaan besorg, meer as enige ander atleet in die geskiedenis van die Spele.
- Usain Bolt van Jamaika kon tydens die Spele drie goue medaljes verower en drie nuwe wêreldrekorde opstel, vir die 100 m, die 200 m en die 4x100 meter vryslagaflos. Verder het die Britse baanfietsryer Chris Hoy, die Australiese swemmer Stephanie Rice en die Chinese gimnas Zou Kai drie goue medaljes gewen.
- Die Suid-Afikaanse atleet Godfrey Khotso Mokoena verower 'n silwer medalje in die verspring.
- Kirsty Coventry van Zimbabwe wen een goue (200 m rugslag) en drie silwer medaljes (100 m rugslag, 200 m wisselslag en 400 m wisselslag swem).
- Natalie du Toit behaal 'n 16de plek (uit 25 swemmers) met 'n tyd van 2uur 49.9 sekondes in die 10 km swem marathon. Haar tyd is min of meer 'n minuut en 'n half stadiger as die van die wenner, die 19-jarige Rus, Larisa Ilchenko.
Getal medaljes
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Olimpiese Somerspele 2008 medaljes.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Volksrepubliek China (CHN) | 639 | 51 | 21 | 28 | 100 |
2 | Verenigde State (USA) | 596 | 36 | 38 | 36 | 110 |
3 | Rusland (RUS) | 467 | 22 | 21 | 29 | 72 |
4 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 311 | 19 | 13 | 15 | 47 |
5 | Duitsland (GER) | 463 | 16 | 10 | 15 | 41 |
6 | Australië (AUS) | 433 | 14 | 15 | 17 | 46 |
7 | Suid-Korea (KOR) | 267 | 13 | 10 | 8 | 31 |
8 | Japan (JPN) | 351 | 9 | 6 | 10 | 25 |
9 | Italië (ITA) | 344 | 8 | 9 | 10 | 27 |
10 | Frankryk (FRA) | 323 | 7 | 16 | 18 | 41 |
71 | Suid-Afrika (RSA) | 136 | 0 | 1 | 0 | 1 |
Sien ook
- Olimpiese Winterspele 2022 in Beijing
Verwysings
- ↑ (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
- ↑ (en) "Africa | Amputee to fly SA's Olympic flag". BBC News. 8 Augustus 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Maart 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
- ↑ (en) China: The Olympics countdown: Repression of activists overshadows death penalty and media reforms Amnestie Internasionaal
- ↑ (en) Playfair webwerf
- ↑ (nl) Dagblad van het Noorden: Onderzoek organisatoren OS Peking naar misstanden
- ↑ (en) "Olympic Games Competition Schedule". BOCOG. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2014. Besoek op 28 Julie 2008.
- ↑ (en) "Dreams carry Natalie Du Toit to Beijing" Geargiveer 6 Julie 2008 op Wayback Machine, The Telegraph, 4 Mei 2008
- ↑ (en) "Du Toit, who lost leg in scooter accident, will swim in Beijing Games", Reuters, 3 Mei 2008
- ↑ (af) Talle maars in sage oor Oscar se ‘bene’, Volksblad, 31 Januarie 2008[dooie skakel]
Eksterne skakels
- (en) Beijing 2008 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Olympics: 2004 to 2012
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |