Paralimpiese Somerspele 1976
Ve Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 1976 (Engels: 1976 Summer Paralympics, Frans: Les Ve Paralympiques d'été), destyds bekend as die Torontolympiad – 1976 Olimpiade vir Liggaamlik Gestremdes, is tussen 4 en 12 Augustus 1976 in Toronto, Kanada, aangebied. Tydens die geleentheid het 1 271 atlete uit 40 nasies aan 448 items in 13 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Dit was die vyfde Paralimpiese Spele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Suid-Afrika helaal die negentiende plek met 'n totaal van 26 medaljes (ses goud, nege silwer en elf brons).
Die Olimpiese Somerspele 1976 is tussen 17 Julie en 1 Augustus in Montreal gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1976 is in Örnsköldsvik, Swede, aangebied.
Sporte
13 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
- Atletiek (208)
- Bankdruk (6)
- Boogskiet (18)
- Dartchery (3)
- Doelbal (1)
- Rolbal (16)
- Rolstoelbasketbal (2)
- Rolstoelskerm (14)
- Sitvlugbal (1)
- Skyfskiet (3)
- Snoeker (2)
- Swem (146)
- Tafeltennis (28)
Deelnemende nasies
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Argentinië
- Australië
- Bahamas
- België
- Brasilië
- Colombia
- Denemarke
- Ecuador
- Egipte
- Ethiopië
- Fidji (8)
- Finland (50)
- Frankryk
- Griekeland
- Guatemala
- Hongkong (11)
- Ierland
- Indonesië
- Israel
- Italië
- Japan
- Kanada
- Luxemburg (3)
- Meksiko
- Mianmar
- Nederland (58)
- Nieu-Seeland
- Noorweë
- Oostenryk
- Peru
- Pole
- Spanje
- Suid-Afrika (39)
- Suid-Korea (9)
- Swede
- Switserland
- Uganda (2)
- Verenigde Koninkryk (87)
- Verenigde State
- Wes-Duitsland
Getal medaljes
Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | – | 66 | 44 | 45 | 155 |
2 | Nederland (NED) | 58 | 45 | 25 | 14 | 84 |
3 | Israel (ISR) | – | 40 | 13 | 16 | 69 |
4 | Wes-Duitsland (FRG) | – | 37 | 34 | 26 | 97 |
5 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 87 | 29 | 28 | 37 | 94 |
6 | Kanada (CAN) | – | 25 | 26 | 26 | 77 |
7 | Pole (POL) | – | 24 | 17 | 12 | 53 |
8 | Frankryk (FRA) | – | 23 | 21 | 14 | 58 |
9 | Swede (SWE) | – | 21 | 28 | 25 | 74 |
10 | Oostenryk (AUT) | – | 18 | 16 | 17 | 51 |
11 | Australië (AUS) | – | 16 | 18 | 7 | 41 |
12 | Meksiko (MEX) | – | 16 | 14 | 9 | 39 |
13 | Finland (FIN) | 50 | 12 | 20 | 18 | 50 |
14 | Japan (JPN) | – | 10 | 6 | 3 | 19 |
15 | Switserland (SUI) | – | 9 | 12 | 10 | 31 |
16 | Noorweë (NOR) | – | 9 | 6 | 4 | 19 |
17 | België (BEL) | – | 7 | 7 | 8 | 22 |
18 | Nieu-Seeland (NZL) | – | 7 | 1 | 5 | 13 |
19 | Suid-Afrika (RSA) | – | 6 | 9 | 11 | 26 |
20 | Egipte (EGY) | – | 5 | 2 | 1 | 8 |
21 | Ierland (IRL) | – | 4 | 10 | 6 | 20 |
22 | Spanje (ESP) | – | 4 | 6 | 2 | 12 |
23 | Argentinië (ARG) | – | 3 | 4 | 7 | 14 |
24 | Denemarke (DEN) | – | 3 | 0 | 3 | 6 |
25 | Italië (ITA) | – | 2 | 5 | 11 | 18 |
26 | Indonesië (INA) | – | 2 | 1 | 3 | 6 |
27 | Suid-Korea (KOR) | – | 1 | 2 | 1 | 4 |
28 | Mianmar (BIR) | – | 1 | 1 | 1 | 3 |
29 | Peru (PER) | – | 1 | 0 | 2 | 3 |
30 | Hongarye (HUN) | – | 1 | 0 | 1 | 2 |
31 | Hongkong (HKG) | – | 0 | 1 | 2 | 3 |
32 | Brasilië (BRA) | – | 0 | 1 | 0 | 1 |
33 | Guatemala (GUA) | – | 0 | 0 | 1 | 1 |
Totaal (33 NPKs) | – | 447 | 378 | 348 | 1173 |
Sien ook
Verwysings
- ↑ "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paralimpiese Somerspele 1976.
- (en) Toronto 1976 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.