Peter Mokaba-stadion
Peter Mokaba-stadion | ||
![]() | ||
'n Sokkerwedstryd tussen Frankryk en Meksiko, 2010 FIFA Wêreldbeker.
| ||
Vorige name | Pietersburg-stadion | |
---|---|---|
Ligging | Polokwane (Pietersburg), Suid-Afrika | |
Koördinate | 23°55′28.88″S 29°28′7.55″E / 23.9246889°S 29.4687639°O | |
Operateur | Suid-Afrikaanse Voetbalvereniging (SAFA) | |
Kapasiteit | 41 733 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 2009 | |
Geopen | 2010 | |
Renovasie | 2009 | |
Uitgebrei | 2009 | |
Boukoste | R1.24 miljard (US$150 miljoen) | |
Huurders | ||
Die Peter Mokaba-stadion is 'n stadion in Polokwane (voorheen Pietersburg), Suid-Afrika, wat gebruik was vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die stadion het sitplek vir 41 733 touskouers.[1] Dit is vernoem na Peter Mokaba, 'n voormalige leier van die ANC-jeugliga. Dit is vyf kilometer van die sakekern geleë en net oos van die vorige Pietersburg-stadion.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Teams_are_warming_up_%284738980575%29.jpg/220px-Teams_are_warming_up_%284738980575%29.jpg)
Die stadion is een van vyf nuwe stadions wat vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gebou is. Die aanvanklike plan om die bestaande stadion op te gradeer is laat vaar ten gunste van die bou van die Peter Mokaba-stadion. Die koste is destyds beraam op ZAR1 100 000 000 (VS$154 000 000).
Wedstryde
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
13 Junie 2010 | 13:30 | ![]() |
0–1 | ![]() |
Groep C | 30 325 |
17 Junie 2010 | 20:30 | ![]() |
0–2 | ![]() |
Groep A | 35 370 |
22 Junie 2010 | 20:30 | ![]() |
0–2 | ![]() |
Groep B | 38 891 |
24 Junie 2010 | 16:00 | ![]() |
0–0 | ![]() |
Groep F | 34 850 |
Sien ook
Verwysings
- ↑ (en) FIFA.com – Pietersburg Stadium Geargiveer 8 Desember 2013 op Wayback Machine
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Peter Mokaba-stadion.