Pous Anastasius III

Pous Anastasius III
Pontifikaat begin Junie 911
Pontifikaat eindig Augustus 913
Voorganger Sergius III
Opvolger Lando
Gebore
Rome, Italië
Sterf Augustus 913
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Anastasius

Anastasius III was die 120ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Die pous word soms verwar met Teenpous Anastasius III.

Biografie

Pous Anastasius III is gebore in Rome, Italië die seun van Lucianus. In Junie 911 volg hy Pous Sergius III op en regeer tot sy dood in Augustus 913. Hy word opgevolg deur Pous Lando. Die naam ‘Anastasius’ beteken 'heropgestane'.

Pontifikaat

Twyfelagtige bronne beweer dat Pous Anastasius III die buite-egtelike seun van sy voorganger Pous Sergius III was, maar dit is waarskynlik 'n verwarring met Pous Johannes XI. Anastasius se pontifikaat is oorheers deur die invloed van Theophylactus[1] en sy vrou Theodora.

Howel die Goeie, koning van Wallis, besoek die pous om sy advies te vra oor die opstel van 'n wetboek vir die Kelte. Die pous stel ook die kerklike indeling van Duitsland vas. Die Noormanne van Rollo word tydens sy bewind gekersten. Hy word in Junie 913 vermoor.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

  1. "Anastasius III." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 19 Mei 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9007376[dooie skakel]>.

Eksterne skakels

Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Sergius III
Pous (Pontifex Maximus)
911913
Opgevolg deur
Lando