Pulitzerprys vir Drama

 Pulitzerprys vir Drama 

Pulitzer-medaljes
Pulitzer-medaljes
Toegeken vir Uitnemendheid in literêre Drama
Borg Columbia-universiteit
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Datum Jaarliks rondom April
Eerste toekenning 1918
Webtuiste pulitzer.org

Die Pulitzerprys vir Drama, een van die onderafdelings van die Amerikaanse Pulitzerprys, is die eerste keer in 1918 toegeken.

Vanaf 1918 tot 2006 was die nominasieperiode van die Dramaprys anders as al die ander Pulitzerpryse: gedurende hierdie tydperk was die periode vanaf 2 Maart tot 1 Maart, om die 'seisoen' van Broadway te reflekteer eerder as die kalenderjaar. Sedert 2007 is dié prys in lyn met al die ander toekennings gebring met 'n nominasieperiode vanaf 1 Januarie tot 31 Desember.

Die drama-jurie bestaan uit een persoon met 'n akademiese posisie en vier resensente. Die groep woon toneelstukke in New York en in streeksteaters by, en nomineer dan die kandidate. Die Pulitzerraad behou die reg toe om nie die juriekeuses te aanvaar nie, soos in die geval van 1986 se toekenningsjaar. In dié jaar was daar wel 'n juriekeuse – The CIVIL warS – maar geen toekenning is gemaak nie. Weens die raad se beswaar teen die toentertydse kontroversiële gebruik van vloekwoorde en seksuele temas in Edward Albee se beroemde Who's Afraid of Virginia Woolf? in 1963, is die juriekeuse ook oor die hoof gesien. Sou Albee die toekenning gekry het, sou hy saam met Eugene O'Neill die meeste toekennings (vier) vir die Pulitzerprys vir Drama gehad het.

Musiekblyspele as wenners

Slegs sewe musiekblyspele het al die Pulitzerprys vir Drama gewen – teen ongeveer die tempo van een per dekade in die jare 1930 tot 1990. Hulle is: George Gershwin se Of Thee I Sing (in 1932), Rodgers en Hammerstein se South Pacific (in 1950), Jerry Bock en Sheldon Harnick se Fiorello! (in 1960), Frank Loesser se How to Succeed in Business Without Really Trying (in 1962), Michael Bennett se A Chorus Line (in 1976), Stephen Sondheim en James Lapine se Sunday in die Park with George (in 1985) en Jonathan Larson se Rent (in 1996).

Meestal gaan die toekenning aan die dramaturg, maar in die geval van 'n musiekblyspel, ontvang die komponis, die lirikus en die skrywer van die verhaal almal die toekenning. In 1932 is die komponis George Gershwin nie deur die raad vereer nie, omdat hulle gevoel het dat die Pulitzerprys vir Drama 'n dramatiese toekenning was, maar dit is sedertdien verander.

Wenners

  • 2020: Michael R. Jackson, A Strange Loop
  • 2019: Jackie Sibblies Drury, Fairview
  • 2018: Martyna Majok, Cost of Living
  • 2017: Lynn Nottage, Sweat
  • 2016: Lin-Manuel Miranda, Hamilton
  • 2015: Stephen Adly Guirgis, Between Riverside and Crazy
  • 2014: Annie Baker, The Flick
  • 2013: Ayad Akhtar, Disgraced
  • 2012: Quiara Alegría Hudes, Water by the Spoonful
  • 2011: Bruce Norris, Clybourne Park
  • 2010: Tom Kitt en Brian Yorkey, Next to Normal
  • 2009: Lynn Nottage, Ruined
  • 2008: Tracy Letts, August: Osage County
  • 2007: David Lindsay-Abaire, Rabbit Hole
  • 2006: Geen toekenning is gemaak nie
  • 2005: John Patrick Shanley, Doubt: A Parable
  • 2004: Doug Wright, I Am My Own Wife
  • 2003: Nilo Cruz, Anna in the Tropics
  • 2002: Suzan-Lori Parks, Topdog/Underdog
  • 2001: David Auburn, Proof
  • 2000: Donald Margulies, Dinner With Friends
  • 1999: Margaret Edson, Wit
  • 1998: Paula Vogel, How I Learned to Drive
  • 1997: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1996: Jonathan Larson, Rent
  • 1995: Horton Foote, The Young Man From Atlanta
  • 1994: Edward Albee, Three Tall Women
  • 1993: Tony Kushner, Angels in America: Millennium Approaches
  • 1992: Robert Schenkkan, The Kentucky Cycle
  • 1991: Neil Simon, Lost in Yonkers
  • 1990: August Wilson, The Piano Lesson
  • 1989: Wendy Wasserstein, The Heidi Chronicles
  • 1988: Alfred Uhry, Driving Miss Daisy
  • 1987: August Wilson, Fences
  • 1986: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1985: James Lapine en Stephen Sondheim, Sunday in the Park with George
  • 1984: David Mamet, Glengarry Glen Ross
  • 1983: Marsha Norman, Night, Mother
  • 1982: Charles Fuller, A Soldier's Play
  • 1981: Beth Henley, Crimes of the Heart
  • 1980: Lanford Wilson, Talley's Folly
  • 1979: Sam Shepard, Buried Child
  • 1978: Donald L. Coburn, The Gin Game
  • 1977: Michael Cristofer, The Shadow Box
  • 1976: Michael Bennett, A Chorus Line
  • 1975: Edward Albee, Seascape
  • 1974: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1973: Jason Miller, That Championship Season
  • 1972: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1971: Paul Zindel, The Effect of Gamma Rays on Man-in-the-Moon Marigolds
  • 1970: Charles Gordone, No Place To Be Somebody
  • 1969: Howard Sackler, The Great White Hope
  • 1968: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1967: Edward Albee, A Delicate Balance
  • 1966: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1965: Frank D. Gilroy, The Subject Was Roses
  • 1964: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1963: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1962: Abe Burrows, How To Succeed In Business Without Really Trying
  • 1961: Tad Mosel, All the Way Home
  • 1960: Jerome Weidman, en George Abbott Fiorello!
  • 1959: Archibald MacLeish, J.B.
  • 1958: Ketti Frings, Look Homeward, Angel
  • 1957: Eugene O'Neill, Long Day's Journey Into Night
  • 1956: Albert Hackett en Frances Goodrich, Diary of Anne Frank
  • 1955: Tennessee Williams, Cat on a Hot Tin Roof
  • 1954: John Patrick, The Teahouse of the August Moon
  • 1953: William Inge, Picnic
  • 1952: Joseph Kramm, The Shrike
  • 1951: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1950: Richard Rodgers, Oscar Hammerstein II, South Pacific
  • 1949: Arthur Miller, Death of a Salesman
  • 1948: Tennessee Williams, A Streetcar Named Desire
  • 1947: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1946: Russel Crouse, Howard Lindsay, State of the Union
  • 1945: Mary Coyle Chase, Harvey
  • 1944: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1943: Thornton Wilder, The Skin of Our Teeth
  • 1942: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1941: Robert E. Sherwood, There Shall Be No Night
  • 1940: William Saroyan, The Time of Your Life
  • 1939: Robert E. Sherwood, Abe Lincoln in Illinois
  • 1938: Thornton Wilder, Our Town
  • 1937: Moss Hart, George S. Kaufman, You Can't Take It With You
  • 1936: Robert E. Sherwood, Idiot's Delight
  • 1935: Zoe Akins, The Old Maid
  • 1934: Sidney Kingsley, Men in White
  • 1933: Maxwell Anderson, Both Your Houses
  • 1932: George S. Kaufman, Morrie Ryskind, en Ira Gershwin, Of Thee I Sing
  • 1931: Susan Glaspell, Alison's House
  • 1930: Marc Connelly, The Green Pastures
  • 1929: Elmer Rice, Street Scene
  • 1928: Eugene O'Neill, Strange Interlude
  • 1927: Paul Green, In Abraham's Bosom
  • 1926: George Kelly, Craig's Wife
  • 1925: Sidney Howard, They Knew What They Wanted
  • 1924: Hatcher Hughes, Hell-Bent Fer Heaven
  • 1923: Owen Davis, Icebound
  • 1922: Eugene O'Neill, Anna Christie
  • 1921: Zona Gale, Miss Lulu Bett
  • 1920: Eugene O'Neill, Beyond the Horizon
  • 1919: Geen toekenning is gemaak nie
  • 1918: Jesse Lynch Williams, Why Marry?

Meermalige wenners

Slegs 'n paar dramaturge het die Pulitzerprys vir Drama meer as een maal gewen: Hulle is:

Vier keer

  • Eugene O'Neill, in 1920, 1922, 1928 en 1957.

Drie keer

  • Robert E. Sherwood, in 1936, 1939 en 1941.
  • Edward Albee, in 1967, 1975 en 1994.

Twee keer

  • George S. Kaufman, in 1932 en 1937.
  • Thornton Wilder, in 1938 en 1943.
  • Tennessee Williams, in 1948 en 1955.
  • August Wilson, in 1987 en 1990.

Bron