Robin Williams
Robin Williams | |
Williams by die opening van Happy Feet Two op 4 Desember 2011
| |
Geboortenaam | Robin McLaurin Williams |
---|---|
Alias | Robin McLaurin Williams Robin McLaurim Williams Robin Wiliams Robin McLaurin Wiliams Robin McLaurim Wiliams |
Geboorte | 21 Julie 1951 Chicago, Illinois |
Sterfte | 11 Augustus 2014 Paradise Cay, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep(e) | Akteur, komediant |
Aktiewe jare | 1972–2014 |
Webwerf | http://www.robinwilliams.com |
Toekennings | Oscar |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Robin McLaurin Williams was 'n Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur en komediant. Hy was veral bekend vir sy rol in Good Morning Vietnam (1987), Dead Poets Society (1989) en Good Will Hunting (1997). Hy het in 1997 'n Oscar vir sy ondersteunende rol in Good Will Hunting ontvang.
Biografie
Williams is Robin McLaurin Williams op 21 Julie 1951 in Chicago, Illinois in die Verenigde State van Amerika gebore. Sy moeder, Laura McLaurin (née Smith, 24 September 1922 - 4 September 2001) was 'n voormalige model vanaf New Orleans, Louisiana. Sy vader, Robert Fitzgerald Williams (10 September 1906 - 18 Oktober 1987) was 'n senior bestuurder by die Ford Motormaatskappy.
Hy studeer vir 'n rukkie politieke wetenskap voordat hy by die Juilliard-skool inskryf om teater te studeer. Na sy studies tree hy in nagklubs op, waar hy vir die rol van Mork in 'n episode van Happy Days (1974), asook die opvolg Mork & Mindy (1978–1982) ontdek is. Daarna het hy 'n suksesvolle loopbaan as improvisasie-komediant en rolprentakteur gevolg.
Williams is drie keer vir 'n Oscar in die kategorie "Beste Akteur" benoem. In 1997 ontvang hy 'n Oscar vir die beste ondersteunende rol in Good Will Hunting. Hy het ook twee Emmy-, vier Golden Globe-, twee Screen Actors Guild- en vyf Grammy-pryse ingepalm.
Hy is op 11 Augustus 2014 by sy huis in Paradise Cay in die noorde van Kalifornië oorlede. Hy het na bewering aan ernstige depressie gely en het vermoedelik sy eie lewe geneem. Hy laat sy vrou, Susan Schneider en drie kinders agter.[1]
Werke
Filmografie
Van sy noemenswaardige rolprente:
- Popeye (1980)
- Good Morning, Vietnam (1987)
- Dead Poets Society (1989)
- Awakenings (1990)
- Hook (movie) (1991)
- Aladdin (1992 movie) (1992)
- Toys (movie) (1992)
- Mrs. Doubtfire (1993)
- Jumanji (1995)
- Flubber (1997)
- Good Will Hunting (1997)
- Patch Adams (movie) (1998)
- The Bicentennial Man (1999)
- Death to Smoochy (2000)
- One-Hour Photo (2002)
- Robots (2005)
- Night at the Museum (2006)
- Happy Feet (2006)
- Night at the Museum: Battle of the Smithsonian (2009)
- Happy Feet Two (2011)
- The Butler (2013)
- The Angriest Man in Brooklyn (2014)
- Night at the Museum: Secret of the Tomb (2014)
Teater
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1988 | Waiting for Godot | Estragon | Lincoln Center Theatre, New York |
2011 | Bengal Tiger at the Baghdad Zoo | Tiger | Richard Rodgers Theatre, Broadway |
Verwysings
- ↑ Robin Williams pleeg glo selfmoord, Maroela Media, 12 Augustus 2014
Eksterne skakels
- Amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Robin Williams.