Soedan (gebied)

Die westelike deel van die Soedan in Wes-Afrika.
Die oostelike deel van die Soedan in Sentraal- en Oos-Afrika.

Die Soedan, van Arabies: بلاد السودان‎, Bilād as-Sūdān, "lande van die Swartes", is 'n geografiese gebied in Wes- en Oostelike Afrika wat suid van die Sahel strek van Mali (voorheen bekend as Frans-Soedan) tot in die land Soedan.

Die Soedan streek oor die lande Benin, Burkina Faso, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Mali, Niger, Nigerië, Senegal, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Suid-Soedan, Togo, Tsjad en Uganda. In die gebied woon etniese groepe soos Hausa en Fula wat in historiese tye belangrike ryke gestig het.

Die gebied ontvang meer reënval as die Sahel, en is geskik vir landbou. Suid van Soedan is die tropiese reënwoude geleê. Die gebied beheer twee van Afrika se langste riviere, die Kongorivier en die Nylrivier.