Suiderstrand is 'n gemeenskap verbind tot die bestuur van die balans tussen die gesamentlike visie en behoeftes van sy inwoners en die voorskrifte van sy omgewing. Ons sal dit bereik deur te vertrou op individuele diversiteit en aktiewe deelname van alle lede van die gemeenskap in die behoud van Suiderstrand se natuurlike bates, die unieke ligging en plattelandse atmosfeer.
Visie
Suiderstrand en Struisbaai op 'n foto van die Terra-satelliet
Suiderstrand se visie lui soos volg:
Ons visie vir ons gemeenskap is dat die vrede, rustigheid en natuurlike skoonheid van ons unieke omgewing aan die binnekant van 'n nasionale park deur al ons lede geniet kan word, dat individue vry sal voel om hul belange op so ’n wyse uit te leef sonder om versteuring of ongerief vir ander te veroorsaak, en individue volgens die ooreengekome grense van die Suiderstrandgemeenskap se gedragskode sal handel.
Gemeenskaplike doelwitte en gedragskode
Ons, die lede van die Suiderstrand-gemeenskap en ons besoekers, belowe om:
Die behoeftes van ander te respekteer en almal met hoflikheid en respek gelyk te behandel
Pogings te ondersteun om 'n gevoel onder lede van gemeenskaplikheid te bevorder
Mekaar tydens noodgevalle te ondersteun
By die wette van die land te hou
Streng by die verkeersregulasies te hou, soos die verbod op spoed en gebruik van vierwielmotorfietse
Die gebruik van waterponies op Suiderstrand te voorkom
Geraasvlakke laag in ons area te hou, soos deur harde musiek of onnodige lawaai van voertuie te vermy
By die regulasies ten opsigte van die versameling van seekos en vis te hou
Aan munisipale regulasies te voldoen ten opsigte van die opgerigte strukture en om oortredinge aan die verantwoordelike lid te rapporteer
Die impak van die aanboubedrywighede te verminder; die skoonmaak ná aanbou te verseker en oortredinge aan die verantwoordelike lid te rapporteer
Voorkomende maatreëls te neem om die brandgevaar van ons omgewing te verminder
Lae intensiteit beligting snags te gebruik om ligbesoedeling te voorkom
Suiderstrand vry van rommel en besoedeling te hou
Om die bewaring van diere en voëls aan te moedig
Die Agulhas Nasionale Park in sy pogings om die natuur te bewaar te ondersteun
Pogings om perlemoenstropery te bekamp te ondersteun
Pogings om misdaad te bekamp en om 'n veilige omgewing te skep te ondersteun
Wangedrag aan die toepaslike owerhede te rapporteer