Die jaar 1794 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 94ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
Die Suidelike Nederlande word by Frankryk ingelyf.
Die Engelse kaptein William Brown is die eerste buitelander wat die hawe van Honolulu (Oahu-eiland, Hawaiï) bereik.
11 Januarie – Jan Willem Wernich word as Landmeter-Argitek aangestel aan die Kaap.
21 Februarie – Pous Pius VI stel agt nuwe kardinale aan, waaronder Jean-Siffrein Maury, aartsbiskop-biskop van Montefiascone en Corneto.
14 Maart – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word as nuntius verplaas na Keulen maar moet weens die oorlog sy intrek in Augsburg neem.
28 Augustus – Pous Pius VI publiseer Auctorem fidei teen biskop Scipione del Ricci en die sinode van Pistoia.