9 Februarie
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | |||
Al die dae |
9 Februarie is die 40ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 325 dae in die res van die jaar (326 in skrikkeljare).
Gebeure
- 474 – Omdat die sewejarige Leo II as te jonk beskou om te regeer word sy vader Zeno gekroon as mede-keiser van die Bisantynse Ryk.
- 772 – Pous Adrianus I volg Pous Stefanus III op.
- 881 – Pous Johannes VIII kroon Karel die Dikke tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1592 – Pous Clemens VIII word gekroon in die Sixtynse kapel.
- 1621 – Pous Gregorius XV volg Pous Paulus V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1849 – Rome word ’n republiek.
- 1869 – Die Groot Brand van Suid-Afrika breek uit.
- 1895 – Vlugbal word by ’n YMCA in Holyoke, Massachusetts uitgevind.
- 1930 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word kardinaal-staatsekretaris.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: die Slag van Guadalcanal in die Solomoneilande eindig, wat aan die Geallieerde magte ’n sleuteloorwinning in die Stille Oseaanoorlog oor die Japannese vloot verskaf.
- 1950 – Rooigevaar: Senator Joseph McCarthy beskuldig die State Department van die VSA daarvan dat dit vol kommuniste is.
- 2003 – Die agtste Krieketwêreldbeker begin in Suid-Afrika, Kenia en Zimbabwe.
Geboortes
- 1773 – William Henry Harrison, negende President van die Verenigde State († 1841).
- 1884 – Carel Gerretson, Nederlandse skrywer, essayis, geskiedkundige en politikus († 1958).
- 1885 – Alban Berg, Oostenrykse komponis van die Tweede Weense Skool († 1935).
- 1895 – Fjodor Otsep, Russiese draaiboekskrywer en regisseur († 1949).
- 1909 – Carmen Miranda, Brasiliaanse sangeres († 1955).
- 1932 – Daan Bekker, Suid-Afrikaanse bokser († 2009).
- 1937 – Abraham H. de Vries, Afrikaanse skrywer († 2024).
- 1940 – J.M. Coetzee; Suid-Afrikaanse skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde († 2003).
- 1943 – Joe Pesci; Amerikaanse akteur.
- 1945 – Mia Farrow, Amerikaanse aktrise.
- 1952 – Johan Stemmet, liedjieskrywer, musiekkenner en televisieaanbieder.
- 1971 – Sharon Case, Amerikaanse aktrise van Beverly Hills.
- 1976 – Charlie Day, Amerikaanse akteur.
- 1996 – Jimmy Bennett, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 1881 – Fjodor Dostojefski, Russiese skrywer (* 1821).
- 1900 – George Labram, Amerikaanse ingenieur van die De Beers Consolidated Mines tydens die Beleg van Kimberley (* 1859).
- 1906 – Paul Laurence Dunbar, Amerikaanse skrywer (* 1872).
- 1941 – John Daniel Kestell, Suid-Afrikaanse Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier (* 1854).
- 1960 – Ernő Dohnányi, Hongaarse komponis, pianis en dirigent (* 1877).
- 1963 – Abdul Karim Kassem, Irakkese militaris en politikus (* 1914).
- 1984 – Joeri Andropof, Sowjetpolitikus (* 1914).
- 1985 – Nic Potgieter, Afrikaanse skrywer (* 1906).
- 2002 – Prinses Margaret, Gravin van Snowdon, Britse koninklike (* 1930).
- 2014 – Willie Marais, NG Kerk predikant en skrywer (* 1929).
- 2022 – Sebastian Bieniek, Pools-Duitse filmdirekteur, kunsskilder en fotograaf (* 1975).