Aga Khan IV

Aga Khan IV

Prins Karim Al-Husseini<[1][2][3][4] (Arabies: شاه كريم الحسيني, geromaniseer: Shāh Karīm al-Ḥusaynī; 13 Desember 19364 Februarie 2025), bekend as die Aga Khan IV Chārom)[5][6] was die 49ste Imam van Isma'ilisme vanaf 1957 tot sy dood in 2025. Hy het die posisie van Imam en die titel van Aga Khan beklee nadat hy die pos op die ouderdom van 20 met die dood van sy oupa, Aga Khan III, opgevolg het.[7]. Aga Khan IV was ook bekend onder die godsdienstige titel Mawlānā Hazar Imam deur sy Ismaili-volgelinge.

Die Aga Khan se netto waarde is in 2013 deur Vanity Fair meer as VS$13,3 miljard beraam.[8] Forbes het die Aga Khan as een van die wêreld se vyftien rykste koninklikes beskryf.[9] Hy was die stigter en voorsitter van die Aga Khan-ontwikkelingsnetwerk, een van die grootste private ontwikkelingsnetwerke ter wêreld. Die Aga Khan was 'n sakemagnaat met Britse en Portugese burgerskap,[10][11][12] sowel as 'n resiesperd-eienaar en -teler.[12][13]

Vanaf die tyd van sy aanmame as die Imam van die Nizari Ismailis in 1957, was die Aga Khan betrokke by komplekse politieke en ekonomiese veranderinge wat sy volgelinge beïnvloed het, insluitend die onafhanklikheid van Afrika-lande van koloniale heerskappy, die verdrywing van Asiërs uit Uganda, die onafhanklikheid van Sentraal-Asiatiese lande soos Tadjikistan in die voormalige Sowjetunie en Pakistan.

Verwysings

  1. His Highness the Aga Khan's interview with Henri Weill; translated from La Cohorte 2019-01-29 - website of the First Ismaili Electronic Library and Database
  2. Meeting with Aga Khan IV, Prince Karim al-Husseini, 10:15AM - website of the John F. Kennedy Presidential Library and Museum
  3. Who is Prince Karim Al Husseini Aga Khan? - website of ABC News
  4. Canada's Trudeau broke ethics rules with visit to Aga Khan island - website of Reuters
  5. "His Highness the Aga Khan". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2011. Besoek op 26 November 2011.
  6. "Aga Khan IV". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 Desember 2019.
  7. "World View – Aga Khan". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2011. Besoek op 15 September 2010.
  8. "How the Fourth Aga Khan Balances Spiritual Muslim Leadership with a Multi-billionaire Lifestyle". Vanity Fair (in Engels (VSA)). 14 Januarie 2013. Besoek op 15 November 2021.
  9. Serafin, Tatiana (7 Julie 2010). "World's Richest Royals". Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2012. Besoek op 28 Maart 2012.
  10. "Portugal granted national citizenship to Prince Aga Khan". Observador. 31 Maart 2019. Besoek op 16 September 2019.
  11. Zachary, G. Pascal (9 Julie 2007). "The Aga Khan, a jet-setter who mixes business and Islam". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2017. Besoek op 7 Desember 2011.
  12. 12,0 12,1 Minahan, James (1998). Miniature Empires: A Historical Dictionary of the Newly Independent States. Greenwood Press. p. 256. ISBN 978-0313306105.
  13. Wood, Greg (6 Oktober 2008). "port Horse racing Zarkava's triumph brings a new high for Aga Khan". The Guardian. London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2013. Besoek op 22 April 2012.