Huis van Habsburg
Huis van Habsburg | |
---|---|
Vlag van die Huis van Habsburg
| |
Land | Meksiko, Oostenryk, Spanje |
Stigter | Otto II |
Laaste heerser | Karel I van Oostenryk |
Gestig | 12de eeu |
Einde van bewind | 1918 |
Rede | Novemberrewolusie |
Titels | Keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Keiser van Meksiko, Keiser van Oostenryk, Koning van Hongarye, Koning van Boheme, Koning van Kroasië-Slawonië en Dalmasië, Koning van Portugal, Koning van Spanje |
Die Huis van Habsburg is ’n ou en belangrike Oostenrykse vorstehuis wat eeue lank keisers, konings, grawe en hertoë opgelewer het. Die naam van die dinastie is afgelei van die Habsburg, 'n kasteel in die huidige Switserse kanton Aargau. Die oudste dokument, waarin na die dinastie verwys word, dateer van 1108.[1]
Tans is daar sowat 600 persone wat die adellike familienaam von Habsburg dra. Karl von Habsburg (Karl Habsburg-Lothringen, * 1961[2]), die oudste seun van Oostenryk-Hongarye se laaste kroonprins Otto von Habsburg (1912−2011), het as hoof en spreker van die Huis van Habsburg gefungeer en die familie se gedragskode toegepas.[3] Alhoewel die Huis van Habsburg tradisioneel aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk was, is daar tans ook Protestantse lede.
Titels
TITEL | TERMYN |
---|---|
Hertoë van Oostenryk | 1282–1360 |
Aartshertoë van Oostenryk | Vanaf 1360 |
Romeins-Duitse konings en keisers | 1273–1806 (met onderbrekings) |
Grawe van Tirol | Vanaf 1363 |
Landshere van Voor-Oostenryk | Vanaf 1368 |
Hertoë van Boergondië | Vanaf 1477 |
Konings van Spanje | 1516–1700 |
Konings van Boheme | Vanaf 1438 |
Konings van Hongarye | Vanaf 1526 |
Keisers van Oostenryk (Oostenryks-Hongaarse Monargie vanaf 1867) | 1806–1918 |
Keiser van die Heilige Romeinse Ryk (Habsburg)
- Rudolf I (Koning 1273–1291)
- Albrecht I (Koning 1298–1308)
- Frederik die Skone (Teenkoning 1314–1330)
- Albrecht II (Koning 1438–1439)
- Frederik III (Koning 1440–1486 en Keiser 1452–1493)
- Maksimiliaan I (Koning 1486 en Keiser 1508–1519)
- Karel V (Koning 1519 en Keiser 1520–1556)
- Ferdinand I (Koning 1531 en Keiser 1558–1564)
- Maksimiliaan II (Koning 1562 en Keiser 1564–1576)
- Rudolf II (Koning 1575 en Keiser 1576–1612)
- Matthias (Koning en Keiser 1612)
- Ferdinand II (Koning en Keiser 1619–1637)
- Ferdinand III (Koning 1636 en Keiser 1637–1657)
- Ferdinand IV (Koning 1653–1654)
- Leopold I (Koning en Keiser 1658–1705)
- Josef I (Koning 1690 en Keiser 1705–1711)
- Karel VI (Koning en Keiser 1711–1740)
Koning van Spanje en Portugal
- Filips I (1504–1506, Koning van Kastilië)
- Karel I (1516–1556)
- Filips II (1556/1580–1598, in Portugal Filips I)
- Filips III 1598–1621, in Portugal Filips II)
- Filips IV (1621–1640/1665, in Portugal Filips III)
- Karel II (1665–1700)
Keiser van die Heilige Romeinse Ryk (Habsburg-Lotaringe)
- Franz I Stephan (Koning en Keiser 1745–1765)
- Josef II (Koning 1764 en Keiser 1765–1790)
- Leopold II (Koning en Keiser 1790–1792)
- Frans II (Koning en Keiser 1792–1806)
Keiser van Oostenryk (Habsburg-Lotaringe)
- Frans II (1804–1835)
- Ferdinand I (1835–1848)
- Frans Josef I (1848–1916)
- Karel I (1916–1918)
Keiser van Meksiko (Habsburg-Lotaringe)
- Maksimiliaan I van Meksiko (1864-1867)
Verwysings
- ↑ Historisches Lexikon der Schweiz: Habsburg, von. Besoek op 2 Maart 2017
- ↑ Republik Österreich - Parlament. Biografie von Karl Habsburg-Lothringen. Besoek op 21 Mei 2017
- ↑ Dietmar Pieper, Johannes Saltzwedel (reds.): Die Welt der Habsburger. Glanz und Tragik eines europäischen Herrscherhauses. Sagtebanduitgawe. München: Wilhelm Goldmann 2011, bl. 29