Ierse See

Ierse See

Nasa-Satellietbeeld van die Ierse See

Kaart van die Ierse See
Koördinate:53°N 5°W / 53°N 5°W / 53; -5Koördinate: 53°N 5°W / 53°N 5°W / 53; -5
Ligging:Republiek van Ierland, Verenigde Koninkryk, Eiland Man
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:46 007 km² (17 763 myl²)
Maksimum diepte:175 m (576 vt)
Volume:2 800 km³ (580 myl³)
Lengte:210 km (130 myl)
Breedte:240 km (150 myl)
Eiland/e:Eiland Man, Anglesey
Nedersettings:Douglas (Man)
Dublin (Republiek van Ierland)
Blackpool en Liverpool (Engeland)
Ligging van die Ierse See

Die Ierse See (Engels: Irish Sea, Iers-Gaelies: Muir Éireann, Manx-Gaelies: Mooir Vannin, Skots: Erse Sea, Skots-Gaelies: Muir Èireann, Ulster-Skots: Airish Sea, Wallies: Môr Iwerddon; in die antieke tydperk bekend onder sy Latynse naam Oceanus Hibernus; daarnaas ook Manx-see genoem[1]) is 'n seearm van die Noordelike Atlantiese Oseaan wat Ierland (in die weste) van Groot-Brittanje (in die ooste) skei. Die Eiland Man is in die sentrum en Anglesey in die suide van die Ierse See geleë.

Afhangende van die konteks – histories, kultureel en oseanografies – is daar verskillende uitgangspunte waarvolgens die Ierse See se grense afgebaken kan word. Die Internasionale Hidrografiese Organisasie gee die see se oppervlakte volgens suiwer oseanografiese kenmerke as 46 007 km³, insluitende die Sint George's-kanaal.[2] Die see strek oor 'n lengte van 130 myl (210 km) en is 150 myl (240 km) wyd. Dit word in die noorde deur die Noordkanaal (Engels: North Channel) tussen Noord-Ierland en Skotland en in die suide deur die Sint-Georgekanaal tussen die uiterste suidooste van Ierland en Suidwes-Wallis met die Atlantiese Oseaan verbind.

Die diepste punt met 576 voet (175 m) is by die Mull of Galloway (Skotland se mees suidelike punt[3]) geleë, naby die see se verbinding met die Noordkanaal.[4] Belangrike seehawens is die Ierse hoofstad Dublin of Baile Átha Cliath, die Engelse hawestede Blackpool en Liverpool asook die hoofstad van die Eiland Man, Douglas.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels