Soetrissie

Soetrissie
'n Soetrissieplant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Capsicum
Spesie:
C. annuum
(soetrissiekultivar)
Rooi, geel en groen soetrissies. Dit word in pakke van drie verkoop en staan bekend as "verkeerslig-rissies"

Die soetrissie is die vrug van 'n kultivar van die Capsicum annuum. Ander kultivars van dieselfde spesie lyk heel anders en staan ook bekend as brandrissies. Die spesie kom oorspronklik uit Suid-Amerika, maar het in Europa bekendheid verwerf in Hongarye en Turkye. Rissiesaad is in 1493 na Spanje versprei en daarvandaan na ander lande in Europa, Afrika en Asië. China is tans die wêreld se grootste rissieprodusent, gevolg deur Meksiko en Indonesië.

Engelse name sluit in bell pepper, sweet pepper of net pepper (in Brittanje en Ierland) en capsicum (in Indië, Australië en Nieu-Seeland). Dit is 'n kultivargroep van die spesie Capsicum annuum. Kultivars van die plant produseer vrugte in verskillende kleure: rooi, geel, oranje, groen, asook bruin, ivoor, lig- en donkerpers.

Voedingswaarde

Soetrissies het 'n redelike hoë vitamien A-inhoud. Verder bevat dit ook vitamien B6, riboflavien,vitamien C, vitamien E, kalium en mangaan.

Top rissie-produserende lande

Land Metrieke ton (2007)
Vlag van Volksrepubliek China China 14 033 000
Vlag van Meksiko Meksiko 1 690 000
Vlag van Indonesië Indonesië 1 100 000
Vlag van Turkye Turkye 1 090 921
Vlag van Spanje Spanje 1 065 000
Vlag van Verenigde State van Amerika VSA 855 870
Vlag van Nigerië Nigerië 723 000
Vlag van Egipte Egipte 475 000
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 345 000
Vlag van Nederland Nederland 340 000
Wêreldtotaal 26 056 900

Galery

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.