Toedhalija II

Toedhalija II
Koning van die Hetiete
Bewind Omstreeks 1425-1390 v.C.
Voorganger Hattoesili II ?
Opvolger Arnoewanda I
Vader Hattoesili II ?
Moeder Asmoe-Heba ?
Gade Nikkal-Mati

Toedhalija II (soms geïdentifiseer met en genoem Toedhalija I) was in die laat 15de / vroeë 14de eeu v.C. 'n koning van die Hetitiese Ryk, moontlik van 1425-1390 v.C.[1] [2] Hy was die skoonpa en voorganger van Arnoewanda I.[3]

Identiteit

Die nommers van Hetitiese konings met die naam Toedhalija (Hetities: 𒌅𒌓𒄩𒇷𒅀) verskil tussen geleerdes weens 'n debat oor die identiteit van die eerste twee konings met die naam. 'n Toedhalija, wat nou bevestig is as die seun van 'n sekere Kantoezzili, het Moewatalli I opgevolg nadat laasgenoemde deur die amptenare Himoeili en Kantoezzili (nie noodwendig Toedhalija se vader nie) vermoor is.[4] Dieselfde of 'n ander Toedhalija was die skoonpa en voorganger van Arnoewanda I.[5] Weens die onsekerheid beskou sommige geleerdes albei as dieselfde koning, Toedhalija I[6] of Toedhalija I//II,[7] terwyl ander hulle as twee aparte konings beskou.[8]

Die rede hoekom hulle as twee aparte konings beskou word, word verskaf deur Jacques Freu, wat reken Toedhalija I was die seun van die nieregerende Kantoezzili, terwyl Toedhalija II geskryf het hy het as 'n jeugdige die troon bestyg ná sy vader se dood. Net so was Toedhalija II se suster die dogter van 'n koning.[9]

Dié artikel volg die redenasie van Freu, wat 'n onderskeid tref tussen twee groot Hetitiese konings van die 15de eeu v.C. met dieselde naam.

Familie

Freu se rekonstruksie identifiseer Toedhalija I en Toedhalija II as oupa en kleinseun, met Hattoesili II, wat net kort regeer het, as die geslag tussenin.[10] As dit reg is, sou Toedhalija II die seun van Hattoesili II gewees het, moontlik by Asmoe-Heba,[11] en sou hy sy vader volgens sy eie getuienis op 'n baie jong ouderdom opgevolg het.[12] Toedhalija II het 'n suster met die naam Ziplantawija gehad. Sy het die titel koningin gehad, miskien om haar broer se funksies te verrig toe hy nog jonk was.[13]

Bewind

Die Wes-Anatoliese konfederasie Arzawa het dalk reeds in die tyd van Toedhalija II se vader begin om die Hetitiese grense oor te steek.[14] Toedhalija II het teen Arzawa opgeruk, hulle verslaan en het gevangenes en militêre toerusting teruggestuur huis toe.[15] 'n Opstand het hom na Assoewa laat draai, wat hy onderduk het.[16] Die suksesvolle veldtogte in die weste het gelei tot 'n groot verplasing van gevangenes en goedere van die lande wat verslaan is na die Hetitiese kerngrondgebied of ander gebiede onder Hetitiese heerskappy.

Terwyl Toedhalija in die weste besig was, is die noordelike dele deur die Kaskiërs aangeval. Hulle is in 'n twee jaar lange veldtog verslaan, en Toedhalija kon 'n jaar lank sonder oorlog deurbring.[17] Verder het Toedhalija se opvolger, Arnoewanda I, Toedhalija se veldtogte teen Mitanni en Isoewa onthou. Toedhalija het Isoewa verslaan, en van hulle het skuiling gesoek in Mitanni, wat geweier het om hulle uit te lewer. Dit het tot hernude Hetitiese aksie sonder permanente profyt gelei.[18]

Teen die einde van Toedhalija II se bewind het hy en sy medewerker en opvolger, Arnoewanda I, na die westerse front teruggekeer op 'n seëvierende militêre veldtog teen Koepanta-Koeroenta, die koning van Arzawa.[19]

Verwysings

  1. Freu 2007b: 75, 311
  2. Kuhrt, Amélie (2020). The Ancient Near East: c.3000–330 BC, Volume One (in Engels). Routledge. p. 230. ISBN 978-1-136-75548-4.
  3. Bryce 2005: 128-129.
  4. Wilhelm 2004: 75; Bryce 2005: 122; Freu 2007a: 180-183; Freu 2007b: 20-21; Weeden 2022: 561.
  5. Bryce 2005: 128-129; Freu 2007b: 98, 102-103; Weeden 2022: 569.
  6. Klengel 1999: 104; Bryce 2005: 122-123.
  7. Astour 1989: 74; Beckman 2000: 25-27; Weeden 2022: 560-569
  8. Kuhrt 1995: 230; Carruba 2005: 264-267; Freu 2007b: 18-45.
  9. Freu 2007b: 97-98.
  10. Freu 2007a: 180-181; Freu 2007b: 18-32.
  11. Freu 2007b: 97.
  12. Freu 2007b: 75-76.
  13. Freu 2007b: 97-98.
  14. Freu 2007b: 76.
  15. Bryce 2005: 123-124; Freu 2007b: 76-79; Weeden 2022: 565.
  16. Bryce 2005: 124-126; Freu 2007b: 79-85; Weeden 2022: 566.
  17. Bryce 2005: 127; Freu 2007b: 85-87; Weeden 2022: 566.
  18. Bryce 2005: 127-128; Freu 2007b: 87; Weeden 2022: 566.
  19. Freu 2007b: 104-105, 111-112.

Bibliografie

  • Astour, Michael C. (1989), Hittite History and the Absolute Chronology of the Bronze Age, Partille.
  • Beckman, Gary (1996), Hittite Diplomatic Texts, Atlanta.
  • Beckman, Gary (2000), "Hittite Chronology," Akkadica 119-120 (2000) 19-32.
  • Bryce, Trevor (2005), The Kingdom of the Hittites, Oxford.
  • Freu, Jacques, and Michel Mazoyer (2007a), Des origins à la fin de l’ancien royaume hittite, Paris.
  • Freu, Jacques, and Michel Mazoyer (2007b), Les débuts du nouvel empire hittite, Paris.
  • Klengel, Horst (1999), Geschichte des Hethitischen Reiches, Leiden.
  • Kuhrt, Amélie (1995), The Ancient Near East c. 3000–330 BC, vol. 1., London.
  • Weeden, Mark (2022), "The Hittite Empire," in Karen Radner et al. (eds.), The Oxford History of the Ancient Near East, vol. 3 (From the * Hyksos to the Late Second Millennium BC), Oxford: 529-622.
  • Wilhelm, Gernot (2004), "Generation Count in Hittite Chronology," in Herman Hunger and Regine Pruzsinszky, eds., Mesopotamian Dark Age Revisited, Vienna, 71-79.

Skakels