Vakuum

'n Vakuum is 'n ruimte sonder materie en sonder druk. In die omgangstaal word daar dikwels ook van 'n lugleegte gepraat. In 'n perfekte vakuum is daar 'n druk van 0 pascal (Pa).
Die term vakuum word gewoonlik gebruik vir:
- In fisika verwys dit na 'n materiaalvrye ruimte, wat nie noodwendig veldvry is nie (dit kan byvoorbeeld lig bevat).
- In ingenieurswese verwys dit ook na 'n ruimte waar die lugdruk laer as atmosferiese druk is.
Bronne
- Henning Genz (2001). Nothingness: The Science Of Empty Space. Da Capo Press. ISBN 978-0-7382-0610-3.
- Luciano Boi (2011). The Quantum Vacuum: A Scientific and Philosophical Concept, from Electrodynamics to String Theory and the Geometry of the Microscopic World. Johns Hopkins University Press. ISBN 978-1-4214-0247-5.
Eksterne skakels
- www.nevac.nl - de Nederlandse Vacuümvereniging NEVAC