Bradypodion pumilum

Kaapse dwergverkleurmannetjie
'n Mannetjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Iguania
Familie:
Subfamilie:
Chamaeleoninae
Genus:
Spesie:
B. pumilum
Binomiale naam
Bradypodion pumilum
(Gmelin, 1789)
Sinonieme

Lacerta pumila (Gmelin, 1789)[1]

Die Kaapse dwergverkleurmannetjie (Bradypodion pumilum) is 'n verkleurmannetjie wat endemies is aan Kaapstad en omgewing. Hulle leef in struike en die woudrande in fynbos. Die verkleurmannetjie is 6 tot 8 cm lank. Dit is 'n klein boomlewende reptiel. Die oë is keëlvormig en dit het 'n grypstert. Die reptiel is gewoonlik bedags bedrywig en vreet vlieë en ander insekte wat met die klewerige tong gevang word. Slange, vleiloeries en laksmanne is die verkleurmannetjie se vyande.

'n Kaapse dwerg-verkleurmannetjie wat water van 'n roosblaar in 'n Kaapse tuin drink.
'n Onvolwasse Kaapse dwergverkleurmannetjie.

Subspesies

Van die moontlike subspesies van B. pumilum wat nog nie deur genetiese toetsing bevestig is nie, sluit in:

  • Tipies
  • Fynbos
  • Renosterveld (moontlik 'n hibried tussen B. pumilum en B. occidentale)

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels