Osmium(VIII)oksied

Eienskappe

Algemeen

Naam Osmium(VIII)oksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule OsO4
Molêre massa 254,2 g/mol[1]
CAS-nommer 20816-12-0[1]  
Voorkoms liggeel vastestof[1]  
Reuk stekend[1]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=937,9(4); b=451,5(2); c=863,0(3) pm; β= 116.58(4)° @17 °C[2]  
Ruimtegroep C2/c 
Nommer 15
Smeltpunt 40 °C[1]
Kookpunt 130 °C[1]
Digtheid 5,11 [g/cm3][2]
Oplosbaarheid 65 [g/L] @ 20°C[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt Nie-brandbaar 
LD50 162 [mg/kg] (muis; oraal)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Osmium(VIII)oksied of osmiumtetroksied is 'n oksied van osmium in sy hoogste +8 oksidasietoestand. Dit is 'n vlugtige vastestof. Die dampe is gevaarlik omdat dit die oë aantas en blindheid kan veroorsaak.

Kristalstruktuur

Die stof het 'n molekulêre struktuur met tetraëdriese molekules. Dit kristalliseer in 'n monokliniese struktuur. Die Os-O-afstande is 169,8 en 172,pm en die tetraëderhoeke wissel van 106,7 tot 110,7°[2]

Chemiese eienskappe

Die stof word maklik gevorm as die metaal osmium, veral in sy poeiervorm aan die lug se suurstof blootgestel word:

Dit wat osmium sy naam gegee het: die Griekse woord 'osmein' beteken 'stink'.

Gebruike

SBS blokkopolimeer wat met OsO4 gekleur is

Dit is 'n sterk oksideermiddel wat met baie organiese stowwe reageer en osmiumverbindings met laer oksidasietoestande agterlaat. Hierdie eienskap is belangrik vir die elektronmikroskopie omdat die stof as kleurings- (of kontras-)middel gebruik word. Deurdat osmium 'n sware metaal met heelpary elektrone is sorg die gereduseerde neerslae vir 'n goeie kontras met dele van die monster waar dié neerslag ontbreek. In die mikroskopie van blokkopolimere soos ABS kan die verskil tussen die lamelle van die een blok en die ander sigbaar gemaak word.[3]

Die kleuring is dikwels selektief. Sommige stowwe word deur osmiumtetroksied glad nie aangetas nie. Rutenium(VIII)oksied is 'n alternatief wat minder kieskeurig en nog aggressiewer is.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 "MSDS" (PDF). Carl Roth. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 1 November 2023. Besoek op 1 November 2023.
  2. 2,0 2,1 2,2 Krebs, B. and Hasse, K.-.-D. (1976). "Refinements of the crystal structures of KTcO4, KReO4 and OsO4. The bond lengths in tetrahedral oxoanions and oxides of d0 transition metals". Acta Cryst. B. 32: 1334–1337. doi:10.1107/S056774087600530X.{cite journal}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. Lech Staniewicz, Athene M Donald, Debbie J Stokes (2010). "The effect of osmium staining on lamellar spacing in thin polystyrene polyisoprene diblock copolymer films". Journal of Physics: Conference Series. 241: 012077. doi:10.1088/1742-6596/241/1/012077.{cite journal}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)