Boek
Letterkunde |
---|
Vernaamste vorms |
Kortverhaal · Novelle |
Genres |
Drama · Epiek · Hygliteratuur Komedie · Liriek · Mito-poësis Nonsens · Ridderroman · Satire Tragedie · Tragikomedie |
Media |
Boek |
Tegnieke |
Prosa · Poësie |
Geskiedenis en Lyste |
Woordelys van terme Geskiedenis (hedendaags) Boeke · Skrywers Letterkunde / Poësie toekennings |
Bespreking |
Sosiologie · Tydskrifte |
'n Boek is 'n algemene voorwerp wat 'n klomp gebundelde bladsye het waarop daar in ink, of soms ander stowwe, inligting geskrywe staan. Boeke kan oor een onderwerp handel (soos storieboeke en veldspesifieke boeke) of oor 'n hele aantal (soos ensiklopedieë). Boeke beskik oor die volgende kenmerke:
- Dit het 'n titelblad, gewoonlik waarop die naam van die skrywer en uitgewer, sowel as die publikasiedatum verskyn
- Sommige boeke het 'n voorwoord en/of inleiding
- Daar is in sekere boeke, soos naslaanwerke, 'n inhoudsopgawe vóór in die boek
- Daar is normaalweg 'n indeks ('n alfabetiese lys van die onderwerpe wat in die boek verskyn) agterin naslaanwerke
- Sommige boeke het ook 'n glossarium agter in die boek, waar woorde en terme verduidelik word
Volgens Unesco se definisie word enige gedrukte publikasie wat nie gereeld verskyn nie, aan die publiek beskikbaar gestel word en met uitsondering van die titelblad en omslag 'n minimum van 49 bladsye het as boek beskou.[1] Tans word daar jaarliks sowat 1,2 miljoen boeke gepubliseer (waarvan 375 000 in Engels en 80 000 in Duits verskyn). Die wêreldwye omset beloop meer as 600 miljard ZAR.[2]
Moderne variante van boeke sluit e-Boeke met digitaalgestoorde boektekste en oudioboeke in.
Nie-fiksie
Ensiklopedieë, handleidings, jaarboeke en ander naslaanwerke bevat feitelike inligting, maar hierdie naslaanwerke verwys ook na ander bronne waar meer inligting verkry kan word. Dit word in 'n bibliografie gelys. Sulke boeke help gewoonlik met navorsing.
Verwysings
- ↑ Unesco-definisie van 'n boek
- ↑ Der Fischer Weltalmanach 2007. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2006, bl. 745
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir boek.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Boek.